Vlag van Puerto Rico

Vlag van Puerto Rico
Vlag van Puerto Rico
Vlag van Puerto Rico
Gebruik Burgerlike- en staatsvlag en vaandel Burgerlike en staatsvlag en -vaandel
Verhouding 2:3
Goedgekeur 6 Februarie 1952
Ontwerp Vyf horisontale bane in rooi (bo en onder) en wit afwisselend met ’n blou driehoek aan die vlagpaalkant met ’n wit vyfpuntige ster in die middel daarvan.
Wisselvormvlag van Puerto Rico
Wisselvormvlag van Puerto Rico
Gebruik alternate Alternatiewe weergawe van vlag
Wisselvormvlag van Puerto Rico
Wisselvormvlag van Puerto Rico
Bynaam Vlag tussen 1952 en 1995
Gebruik Burgerlike- en staatsvlag en vaandel Burgerlike en staatsvlag en -vaandel
Verhouding 2:3

Die nasionale vlag van Puerto Rico is op 6 Februarie 1952 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon vyf horisontale bane in rooi en wit afwisselend met ’n blou driehoek aan die vlagpaalkant met ’n wit vyfpuntige ster in.

Die oorsprong van die huidige vlag kan teruggespoor word na, die “Rewolusionêre vlag van Lares” deur dr. Ramón Emeterio Betances uitgedink en deur Mariana Bracetti geborduur is. Hierdie vlag is gebruik in die kortstondige opstand, wat bekend gestaan het as “El Grito de Lares”, teen Spaanse oorheersing op die eiland.[1][2]

Juan de Mata Terreforte, ’n verbande veteraan van “El Grito de Lares” en vise-president van die Puerto Ricaanse Rewolusionêre Komitee in New York Stad, het die vlag van Lares aanvaar as die vlag van Puerto Rico tot 1892 toe die huidige ontwerp, geskoei op die vlag van Kuba deur die komitee onthul en aanvaar is.[3] Die nuwe vlag is vir die eerste maal op 24 Maart 1897 in Puerto Rico vertoon gedurende die Staatsgreep van Yauco. Die gebruik en vertoon van die Puerto Ricaanse vlag is verbied en die enigste vlae wat in Puerto Rico vertoon mog word was die vlag van Spanje (1492 tot 1898) en die vlag van die Verenigde State (1898 tot 1952).

In 1952 het die Gemenebes van Puerto Rico dieselfde vlagontwerp as wat in 1892 deur die Rewolusionêre Komitee onthul is, aanvaar as die amptelike vaandel sonder dat die kleurskakerings gespesifiseer is. Die kleur van die driehoek van die vlag wat gebruik is deur die administrasie van Luis Muñoz Marín was donkerblou soos gebruik is in die vlag van die Verenigde State, in plaas van die oorspronklike ligter blou. Dít het ’n politieke kontroversie veroorsaak.[1] In 1995 het die regering van Puerto Rico ’n verordening uitgevaardig in verband met die Puerto Ricaanse vlag waarin gespesifiseer word welke kleure gebruik moet word vir die vlag, maar nie die skakerings nie. Dit is daarom nie ongewoon om die Puerto Ricaanse vlag met verskillende skakerings van blou te sien wapper op die eiland nie.[4] Daar was verskeie Puerto Ricaanse vlae aan boord van die ruimtependeltuig Discovery gedurende sy vlug na die ruimte op 15 Maart 2009.[5]

  1. 1,0 1,1 (en) "Gemenebes van Puerto". Flags of the World. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Julie 2017. Besoek op 25 Februarie 2009.
  2. (es) Sacrano, Francisco (1993). Puerto Rico – Vyf eeue se geskiedenis. McGraw Hill Interamericana. p. 533.
  3. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Enciclopedia de Puerto Rico
  4. (es) "Regulasies oor die gebruik van die vlag van die Gemenebes van Puerto Rico". LexJuris. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Desember 2019. Besoek op 25 Februarie 2009.
  5. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named NASA

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search